Hoërskool Diamantveld onderwyseres presteer
ADVERTISEMENT
ATKV-Digiskryf is ’n nasionale kompetisie wat jaarliks aangebied word. Skrywers van regoor Suid-Afrika kan inskryf en hul werk met die beoordelaars deel. Die wenners se kortverhale word in ’n bundel gepubliseer. Juffrou Liz-Marie van der Westhuizen is in 2025 as die wenner van die volwasse afdeling aangewys. Hoërskool Diamantveld is ongelooflik trots op Juffrou Van der Westhuizen en wil haar hartlik gelukwens met hierdie besonderse prestasie. Haar toewyding en passie vir die kunste is duidelik sigbaar in haar werk, en ons waardeer haar enorme bydrae tot die kultuurafdeling van die skool.










