Hoërskool DF Malan se senior span wen Dink of Sink
ADVERTISEMENT
Dink of Sink was ‘n absolute fees en Hoërskool DF Malan se senior span het as die wenners uit die stryd getree! Baie geluk aan Leah Coetzee, André Venter en Alexander Volschenk. Julle argumente was weldeurdag en uitstekend en duidelik deurgegee. Baie geluk aan Hoërskool Bloemhof se senior span wat naaswenners in die Senior finaal was en Hoërskool Durbanville wat die Junior afdeling gewen het. Baie dankie aan elke skool en span wat die dag saam met ons deurgebring het. Ons sien julle weer volgende jaar!















