Hoërskool Centurion netbalafrigters maak voorbereiding vir 2024 seisoen
ADVERTISEMENT
Dit was ‘n groot voorreg om die netbalafrigters se vaardighede met ‘n netbalkursus op te skerp. Ons afrigters is net so hard aan die werk met die voorbereiding vir die voorseisoen soos ons spelers. Die netbalafrigters het gister, 12 Februarie, die “Advance Coaches”-kursus voltooi wat by Cornwill Hill College plaasgevind het. Hierdie kursus is deur Yolandi Ferreira en Rozanna Matthyse, die Jaguar-netbalspan se afrigters, aangebied. Elke afrigter het baie geleer en kan nou hierdie kennis met ons netbaldogters deel. Ons sien uit na die 2024-netbalseisoen!










