Hoërskool Bellville leerlinge neem deel aan die Senior WP Toutrekklubkampioenskappe
ADVERTISEMENT
Dian Pretorius (Graad 12) en Christian Lerm (Graad 9) van Hoërskool Bellville het aan die Senior WP Toutrekklubkampioenskappe deelgeneem. Dian het uitstekend gevaar en bronsmedaljes verwerf in beide die 700 kg ope-afdeling en die o.23-ouderdomsgroep se 600 kg-afdeling. Christian het op sy beurt ’n bronsmedalje verower in die o.23-ouderdomsgroep se 600 kg-afdeling. Na hul indrukwekkende vertonings is albei leerders gekies om deel van die Senior WP-spanne te wees.
![]()










