Hoër Volkskool swemmers swem in die Kinderkanker swim-a-thon
ADVERTISEMENT
Vrydag, 17 Januarie was daar ‘n Swim-a-thon aangebied by Union High School se swembad. Drie van Hoër Volkskool se swemmers het deelgeneem en gehelp om geld in te samel vir die Kinderkanker-organisasie, CHOC (Childhood Cancer Foundation of South Africa) Lara Vosloo het ‘n totaal van 30 lengtes geswem, Kate-Lyn Kruger het 50 geswem terwyl Jamie Mdudumanie 86 lengtes geswem het. Hoër Volkskool is baie trots op hierdie swemmers wat hul eie tyd opgegee het ter wille van ander. Baie geluk en baie dankie!

Jamie Mdudumanie

Lara Vosloo









