Hiermee Laerskool Worcester-Oos redaksiespan
ADVERTISEMENT
Laerskool Worcester-Oos se digitale skoolkoerant, Die OOStertjie, se redaksie is vandag tydens saalperiode aangewys. Wilmarie van der Watt (gr. 7) is ons nuwe redakteur en Erich Lambrechts (gr. 7) is die nuwe subredakteur. Die redaksie gaan op 16 Mei ‘n slypskool bywoon. Ons sien uit na die uitgawe wat aan die einde van hierdie kwartaal gepubliseer gaan word.










