Griffons-Eer vir Primêre Skool Naudeville jong rugbysterre
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Tyler Pereira en Dawie Viljoen leerders van Primêre Skool Naudeville met hul insluiting in die Griffons O.13 Akademieweek-span, asook aan Dean Louw wat vir die Griffons O.12A-span gekies is.
Hierdie prestasies is ‘n welverdiende beloning vir julle harde werk, toewyding en passie vir rugby. Om op provinsiale vlak gekies te word, is ‘n besondere eer en getuig van julle talent en deursettingsvermoë op die rugbyveld. Julle verteenwoordig nie net julself nie, maar ook julle skool met trots. Ons wens julle alle sterkte toe vir die komende wedstryde en is ongelooflik trots op hierdie uitstekende prestasie. Baie geluk, manne!










