Gimmies verwerf ereplekke by Wes-Kaap Tentpegging
ADVERTISEMENT
Op 6 September het Abri Swanepoel en Melanie van Rensburg aan die Wes-Kaap Tentpegging in Rawsonville deelgeneem. Beide ruiters het uitmuntend gevaar en hul plek in die o.21 Wes-Kaapspan verseker. Hulle sal die provinsie met trots tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Jacobsdal gedurende die Oktober-vakansie verteenwoordig.
’n Spesiale gelukwensing gaan aan Abri Swanepoel, wat as kaptein van die span aangewys is – ’n merkwaardige eer en prestasie!










