AWSUM School News

Top Menu

  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

Main Menu

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About Us
  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

logo

ADVERTISEMENT

Regional News

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About Us
  • Hoërskool Bredasdorp leerders wys hul talent in Skeppende Kuns

  • Laerskool van Riebeeckstrand-toutrekspanne skitter by die WP/Wynland kompetisie

  • Hoërskool Transvalia begin die gholfseisoen op ‘n hoë noot

  • Milnerton High School excel in golf

  • Laerskool Vryheidsmonument spog met met 2de plek Victrix Ludorum by die D7-byeenkoms


Gauteng PretoriaGeformeerde Skool Dirk PostmaPTA EastRegional News
Home›Regional News›Gauteng Pretoria›Gereformeerde Hoërskool Dirk Postma Matriekuitslae 2025  

Gereformeerde Hoërskool Dirk Postma Matriekuitslae 2025  

By Karien Frans
4th February 2026
383
0

ADVERTISEMENT


Share:

Matriekuitslae 2025 – Gereformeerde Hoërskool Dirk Postma behaal weer 100%-slaagsyfer. Vir die vier-en-twintigste agtereenvolgende jaar het die Gereformeerde Hoërskool Dirk Postma ‘n 100% matriek-slaagsyfer behaal – ‘n prestasie wat volgens skoolhoof Saskia Meijer nie net van menslike vermoeëns getuig nie, maar veral van die Here se besondere seën oor die skoolgemeenskap.

Wat die 2025-matriekgroep se uitslae besonder opmerklik maak, is die omstandighede waaronder dit behaal is. Sommige leerders het die jaar onder uiters moeilike toestande aangepak, insluitend ernstige gesondheids- en persoonlike uitdagings. Tog het hulle nie net geslaag nie, maar selfs onderskeidings behaal.

Die skool was een van slegs vyf uit 56 skole in die distrik wat ‘n 100% slaagsyfer kon bereik – ‘n prestasie wat des te meer indrukwekkend is wanneer die akademiese statistieke in ag geneem word. Uit die groep van 24 leerders, wat elkeen nege vakke geneem het (sewe NSS-vakke plus twee verpligte GSDP-vakke: Bybel en Kerkgeskiedenis), is altesaam 53 onderskeidings behaal – 30 in NSS-vakke en ‘n verdere 23 in Bybel en Kerkgeskiedenis.

Die matriekklas van 2025.

Die Wiskunde-statistieke is veral bemoedigend. Terwyl die nasionale gemiddeld ongeveer 33% van leerders gewone Wiskunde neem, het 62,5% van Dirk Postma se matriekgroep die vak aangepak. Van hierdie 15 leerders het vyf met onderskeiding geslaag, wat beteken dat 33% van die klas Wiskunde met onderskeiding geslaag het – aansienlik hoër as die ongeveer 23% by groot skole. In Fisiese Wetenskap het agt leerders die vak geneem, met twee wat onderskeidings behaal het en vier met ‘n B-simbool. Verder het 83% van die groep met graadtoelating geslaag, en een leerder het ook distrikstoekennings ontvang.

Vier leerders het besonder uitgeblink: twee het elk nege onderskeidings behaal, een het ses onderskeidings verwerf, en nog een het vyf onderskeidings bekom. In haar verklaring beklemtoon Meijer dat akademiese prestasie, hoewel belangrik, nie die einddoel van die skoolloopbaan is nie. “Die ware vraag is nie slegs wat ‘n leerder bereik het nie, maar wie daardie leerder aan die einde van sy of haar skoolloopbaan geword het,” verduidelik sy.

Die skool se visie strek verder as gevulde koppe – dit gaan oor gevormde harte. Vir meer as twaalf jaar, vanaf kleuterskool tot in matriek, word leerders doelbewus toegerus met geestelike, emosionele, sosiale en akademiese boustene. Onderwysers wat daagliks roepingsgetrou aangemeld het, kan nou met groot vreugde terugkyk op die vrug van hul arbeid. Meijer wys daarop dat ware sukses daarin lê dat jongmense die skool verlaat met ‘n duidelike begrip van wie hulle is, waar hulle behoort en op watter waardes hulle hul lewe wil bou. Dit gaan daaroor dat hulle met onderskeidingsvermoë leer dink, met integriteit optree en met verantwoordelikheid keuses maak, ook wanneer dit moeilik is. “Die wêreld waarin ons kinders instap, is kompleks en dikwels onstuimig,” waarsku sy. “Ware sukses is daarom dat hulle met standvastigheid en vertroue in die Here die lewe tegemoetgaan, bewus daarvan dat hulle nie alleen is nie en dat daar ‘n vaste anker vir hul lewens is.”

Die skool se hoop vir hierdie matriekgroep strek verder as bloot suksesvolle loopbane. Hulle vertrou dat die klas van 2025 lewens van betekenis sal lei – lewens waarin gawes en kennis tot diens van ander gebruik word, en waarin werk as roeping verstaan word. Soos Meijer dit stel: “‘n 100% slaagsyfer is iets om oor dankbaar en verheug te wees. Tog weet ons dat die ware ‘rapport’ eers oor tyd gelees word: in die lewens wat eerlik geleef word, in die gesinne en gemeenskappe wat opgebou word, en in die lig wat die klas van 2025 bring waar hulle ook al hul plek inneem.”

TagsMatric Results 2025
Previous Article

Laerskool Randhart leerder gekies vir SA-Skole hengelspan

Next Article

Cannons Creek receives top recognition at Matric ...

Share:

Related articles More from author

  • Crawford International La LuciaDurban and Durban NorthKwazulu-NatalRegional News

    Crawford La Lucia’s Class of 2025 marks a defining moment

    30th January 2026
    By Karien Frans
  • LimpopoRegional NewsStanford Lake College

    Stanford Lake College Matric results 2025

    10th February 2026
    By Linda
  • Dundee High SchoolKwazulu-NatalNorthern NatalRegional News

    Dundee High School Obtains 95.2% Matric Pass Rate

    19th January 2026
    By Karien Frans
  • Cannons Creek Independent SchoolRegional NewsSouthern SuburbsWestern Cape

    Cannons Creek Independent School achieves at Metro Central NSC Awards Ceremony

    13th February 2026
    By Karien Frans
  • Hoërskool Hans StrijdomLimpopoRegional News

    Hoërskool Hans Strijdom 2025 Matriekuitslae

    9th February 2026
    By Charl Paulse
  • HighveldMiddelburg Hoërskool (MPU)Mpumalanga

    Middelburg Hoërskool Matriekuitslae 2025

    3rd February 2026
    By Linda

  • CenturionGauteng PretoriaLaerskool BakenkopRegional News

    Laerskool Bakenkop jukskei leerders behaal die Gauteng-Noordspan

  • HelderbergPaul Roos GimnasiumRegional NewsWestern Cape

    Paul Roos Gimnasium se seuns blink uit en maak trots

  • Gauteng JohannesburgJHB CentralRegional NewsSacred Heart College

    Sacred Heart College Reigns Supreme at the 2023 Inter-Catholic Chess Tournament

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

Some people call it school news. We call it awsum.

Africa’s premier school network offers a multi-tiered communication platform to schools that include: The AWSUM Newspaper, AWSUM App for Schools, the 24/7 school news website and AWSUM Clashes.

 

 

Our ‘awsumness’ includes: New technology and media, an income opportunity that will be your biggest source of income outside of school fees and a new perspective on school news on one of Africa’s fastest growing school news platforms

© 2025 Awsum News.



CreativeMagic

Join Us on Facebook

  • Pretoria
  • Centurion & Midrand
  • Johannesburg
  • Vaaldriehoek
  • Durban
  • Midlands
  • Northern Natal
  • Free State
  • Cape Town
  • Boland
  • Breede Valley
  • Helderberg
  • Overberg
  • Swartland & Weskus
  • Northern Suburbs
  • Southern Cape
  • Noord-Kaap
  • North West
  • Limpopo
  • Mpumalanga
  • East London
  • Port Elizabeth
  • Eastern Cape – Towns
  • Home
  • Advertise with us