Gebiedsjeugleiers verkies vir Die Voortrekkers Oos-Kaap
ADVERTISEMENT
Op 1 Mei is Annree van Zyl (Hoërskool Framesby) en Pieter Conradie (Hoërskool Pearson) verkies tot Gebiedsjeugleiers van Die Voortrekkers: Oos-Kaap vir 2024/2025. Gebiedsjeugleiers is die hoogste rang wat ‘n jeuglid in die Voortrekkers kan beklee en hierdie jeuglede het reeds van jongs af hulle liefde vir die Voortrekkers begin uitleef en goeie leiereienskappe gewys.
Die Oos-Kaap Gebiedsjeugleiers van 2023/2024 Albert Hugo (Tuisonderig leerder) en Mia Human (Hoërskool Despatch) het die afgelope jaar projekte aangepak om ‘n verskil onder hulle gemeenskap te maak. Hulle het hulle diensjaar op ‘n hoë noot geëindig deur op 29 April 2024 150 Potloodsakkies aan Despatch Voorbereidingskool te oorhandig. Pick en Pay het 150 potloodsakkies geskenk en toe het die 2 jeuglede aan die werk gespring om die sakkies gevul te kry. Die Voortrekker familie, vriende en familie het almal hande gevat en die spreekwoord vele hande ligte werk ‘n realiteit gemaak.
Nuut verkose Gebiedsjeugleiers Pieter Conradie en Annree Van Zyl.
Nuut verkose en uittredende Gebiedsjeugleiers van links is Mia Human, Albert Hugo, Annree Van Zyl en Pieter Conradie.
Annree Van Zyl saam met Mev Mariska Basson (Kultuurhoof: Hoërskool Framesby).
Van links is Johan Hugo (Kommando leier van Despatch Voortrekker Kommando, Mia Human (adjunkgebiedsjeugleier), Madel é ne Sachse (skoolhoof), Buyiselwa Majavele (Pick n Pay Despatch), Beverley Visser (Pick n Pay Despatch), Pieter Jacobs (Oos-Kaap Voortrekker Gebiedsleier) en Albert Hugo (Gebiedsjeugleier)










