Ferdinand Postma skaakspeler maak ‘n skuif tot by die Statebondspele
ADVERTISEMENT
‘n Graad 12 leerder van Hoërskool Ferdinand Postma, Elzette Fourie, het ‘n liefde en passie vir die vinnig-flinkdink-strategiese spel van skaak. Hierdie passie en pure talent word verseker ten toon gestel met haar puik prestasies in die afgelope kampioenskappe waaraan sy deelgeneem het. Sy het vanaf 28 Maart tot 2 April 2022 aan die Suid Afrikaanse junior geslote skaakkampioenskappe in Centurion deelgeneem en behaal ‘n vierde plek in die dogters 0/18 afdeling. Verder kwalifiseer sy om Suid-Afrika (Federasie kleure) by die African Youth Chess Championship in Zambia (2-10 Julie 2022) en die Statebondspele ( 2-9 Oktober in Dehli, Indië) skaakkampioenskappe te verteenwoordig.
Vroeër vanjaar het sy aan die Suid-Afrikaanse junior geslote aanlyn Rapid skaakkampioenskappe op 12-13 Maart 2022 (uitdundrondte) deelgeneem met die finaal wat plaasgevind het op 9-10 April 2022. Sy behaal ‘n tweede plek in die finaal.
Sy kwalifiseer ook om in Griekeland aan die World Youth Rapid and Blitz chess championship vir Suid-Afrika (Protea kleure) deel te neem van 30 April tot 2 Mei 2022. Baie geluk en welgedaan aan Elzette met hierdie puik prestasie! Dit is voorwaar iets om op trot te wees.

Foto aangeheg: geneem deur Waldo Minny by die SA Geslote kampioenskappe vanjaar.









