Eerste tennispan van Primêre Meisieskool Oranje begin die seisoen met oorwinning
ADVERTISEMENT
Met trots stel Primêre Meisieskool Oranje die eerste tennisspan van 2026 bekend en sien uit na ‘n blink jaar van tennis. Dié dogters het reeds die tennis seisoen afgeskop tydens die ENGEN Noordstad Amanda Coetzer Tennistoernooi waar hulle met die beker weggestap het. Mag julle die res van die seisoen speel met trots, passie en goeie gees!











