Dinge van ‘n Skoolkind skep ‘n platform vir Hoërskool Strand leerders om hul eie stories te vertel
ADVERTISEMENT
“Dinge van ‘n Skoolkind” was ‘n werkswinkel drama waarin ons leerders (Regenine Daars, Dornel Fortuin, Mia Myburgh, Nathan Nel, Tarrin September, Kayden Shand, Mia Strydom en Lee-Ann Taljaard) hulle eie stories kon vertel. Die stuk het in die perfekte skool, Hoërskool Eksieperfeksie, plaasgevind en die stories van agt leerders gevolg.
Lee-Ann Taljaard
Nathan Nel
Hulle eerste fees was die Allegretto Toneelfees op 10 Julie, maar dit was ‘n uitdaging omdat die vertoning virtueel opgeneem moes word weens die erge weers- omstandighede. Danksy Gereard Schneider se knap verhoogbestuur het ons span op ons eie verhoog opgetree, maar dit is in Muizenburg beoordeel. Die toneelspan het ‘n groot verskeidenheid van toekennings ontvang, insluitend Franko Stevens wat Goud ontvang het vir Choreografie vir die toneelstuk en hy is ook as die Beste Choreograaf in die Wes-Kaap aangewys. Die produksie het derde in die provinsie gekom.












