Die Hoërskool Wonderboom leerder presteer in tienkamp
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Wonderboom atleet Kyle Mauer het deelgeneem in die tienkamp by die 2024 O/20 AGN atletiek-kampioenskappe. Dit behels die doen van 10 atletiek-items oor 2 dae (5 items per dag). Hy wen die goue medalje met ‘n totaal van 5005 punte. Hier volg sy prestasies in die onderskeie items: Kyle behaal eerste plek in die volgende items:
- 100M
- 100M Hekkies
- 400M
- Verspring
- Gewigstoot
- Diskus
Hy behaal tweede plek in die volgende items:
- Paalspring
- Hoogspring
Hy behaal derde plek in die volgende items:
- Spiesgooi
- 1500m
Kyle neem in April aan die SA-kampioenskappe deel. Baie geluk met die mooi prestasie!












