Die Hoërskool Menlopark is baie trots op hul matrieks van 2025
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Menlopark is baie trots op hul matrieks van 2025, en die Puik uitslae span die kroon op harde werk Die Klas van 2024 het die skool se reputasie as ʼn baken van uitnemendheid gestand gedoen deur puik matriekuitslae te behaal. Met 768 onderskeidings en 85 leerders wat met ʼn A-gemiddeld spog, is dit duidelik dat Die Hoërskool Menlopark vlerke aan leerders se akademiese drome gee. Boonop het die helfte van die skool se graad 12-leerders wat Inligtingstegnologie as vak neem, onderskeidings verwerf. By Die Hoërskool Menlopark word leerders aangemoedig om Wiskunde te neem en met een van die grootste wiskundegroepe in die distrik slaag die skool met onderskeiding daarin om leerders vir die toekoms voor te berei. Dié skool is ʼn spilpunt van bedrywighede waar daar onbeperkte geleenthede aan elke Parkie gebied word om sy/haar potensiaal op akademiese, kultuur- en sportgebied te bereik.

Lelize van der Walt 8A’s 94,43%

Viljee Smit 7 A’s 93.29%

Ewald Meyer 8 A’s 93%

Alwyn Esterhuizen 7 A’s 92.86%

Daniélle de Wet 8A’s 92.43%

Devan Matthee. 10A’s 92%

Cari Billman 7A’s 91.57%

Daniël Pienaar 7A’s 91.29%

Altus Malan 8A’s 91.14%

Mia van Dyk 7A’s 90.86%

Keira de Jager 7A’s 90.86%

Rudolph Jordaan 8A’s 90.71%

Ruben van Biljon 8A’s 90.57%

Janine Kirsten 8A’s 90.43%

Christiaan Moodie 8A’s 90.14%









