Die Hoërskool Brandwag se rugbyspelers presteer tydens die vakansie
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Brandwag se rugbyspelers presteer tydens die vakansie! Baie geluk aan Damian le Roux en Nicolis Thysse, wat gekies is vir die Klein Karoo Saadproduksie XV-tal tydens die o.19 Oakdale Rugbytoernooi. Damian le Roux is ook aangewys as die beste voorspeler van die toernooi. Josh Maarman is aangewys as die beste voorspeler by die o.16 Tony de Munnik Rugbyfees, wat by Jeppe Hoërskool in Johannesburg plaasgevind het. Brandwag is trots op julle! Die band van grys en groen leef voort op die rugbyveld!











