Bethlehem Voortrekker karateka verwerf hul Vrystaat kleure
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die volgende Bethlehem Voortrekker karateka wat tydens die Vrystaat Alle Style Karate Proewe (KSA – WKF) op Saterdag 10 Februarie 2024, hulle Vrystaat kleure vir karate verwerf het.
- Mia Ehlers: Kata en Kumite Junior (16/17 jaar)
- Josh Bezuidenhout o.21 en Senior
Hulle sal onderskeidelik 5/6 April 2024 in Durban en 1/2 Maart 2024 in Kaapstad aan die Nasionale Kampioenskappe deelneem. Josh Bezuidenhout is ook ingesluit in die Protea groep vir die Region South Kampioenskappe in Namibia later in die jaar.

Mia Ehlers

Josh Bezuidenhout









