Bethlehem Voortrekker Hoërskool leerder presteer in Boogskiet
ADVERTISEMENT
Op 4 en 5 Mei 2024 het Sophia Pieters (Gr. 11) leerder van Bethlehem Voortrekker aan die SANIFAA (South Africa National Indoor and Field Archery Association) Nasionale Binneshuise Kampioenskappe deel geneem. Tydens die kompetisie wat oor verpligte twee dae strek het sy ‘n nuwe 2Dag Nasionale Rekord vir die Young Adult Female Barebow Compound afdeling opgestel. Sy verower hiermee ook ‘n Goue medalje met die prestasie.










