Afrikaanse Hoër Seunskool vier Valentynsdag met Afrikaanse Hoër Meisieskool
ADVERTISEMENT
Die seuns het op 14 Febraurie 2024 die liefdevolle Valentynsdag, Lynnwoodweg gestap om kort opsitkerse tydens pouse aan te steek. Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria het nie teleurgestel nie en die groep Droomsindroom het die seuns en dogters met musiek vermaak. Die terrein is pragtig versier, met jong liefde as die tema. Die personeel van beide skole is op versnaperinge in die studentesentrum trakteer.
Soos gebruiklik het die seuns en dogters met Valentynsdag geskenke uitgeruil. Die dogters het elkeen ‘n sleutelhouer, met die inskrywing: “Affies blom in almal se harte”, wat in die Innovasie- en Tegnologieklub vervaardig is, ontvang. Die meisies het uitveërs, met die skoolwapen op, aan die seuns gegee. Dankie aan AHMP, julle geskenke is elke jaar ‘n treffer!



















