Afrikaanse Hoër Seunskool sweminterhuis vir 2024
ADVERTISEMENT
Die jaarlikse interhuis swemgala is by die Hillcrest Swembad aangebied. Báie geluk aan die Elande, wat vandag op alle terreine presteer het! Hulle dirigente word as die beste groep van die dag aangewys en selfs die geesbeker gaan aan die geelspan. Die begeesterde poging op die paviljoen spoor ook hul swemmers aan om te verseker dat die Elande se naam op die 2024-merk ingekerf word.
Finale puntestand:
1. Elande (419)
2. Koshuis (401)
3. Hartebeeste (350,5)
4. Koedoes (339,5)




















