Hoërskool Stellenbosch stuur vier spanne deur na die Con Spirito finale rondte
ADVERTISEMENT
Vier van ons junior debatspanne het op 31 Julie aan die semifinale rondtes van die Con Spirito-debatkompetisie deelgeneem.
Hoërskool Stellenbosch stuur vier spanne deur na die Con Spirito finale rondte
Al vier hierdie spanne het deurgedring na die finale rondte wat op 23 en 24 September in Tulbagh plaasvind. Baie geluk aan Wouter Cilliers, Annabelle Conradie, Ciné Schoonraad, Anlia le Roux, Henco Grobbelaar, Emma le Roux, Christine du Plessis en Karla van Zyl.
Ons is trots op hierdie juniors en opgewonde oor die toekoms van debat in Hoërskool Stellenbosch.










