Hoërskool Garsfontein Matriekulant wen R10000 van SkinPHD Moreleta
ADVERTISEMENT
Wie nie waag nie,wen nie ! As die geleentheid oor jou pad kom, gryp jy dit aan met beide hande – en ‘n grappie of drie in dié geval! Ons eie Hoërskool Garsfontein matriekulant , Zané Sadler het gewaag, en GROOT gewen! SkinPHD Moreleta het ‘n kontantprys van R10000 aan haar kom oorhandig tydens ons Berepark opening op 17 September. Hulle het ‘n kompetisie geloots vir matriekulante om ‘n oulike TIK TOK video te maak waarin jy of ‘n grappie vertel of ‘n dansie doen.
Jy moes SkinPHD daarin “tag” en sodoende staan jy ‘n kans op R10000 kontant. Nie te versmaai vir ‘n matriekulant want amper klaar is met skool en ‘n lekker vakansie beplan nie. Met behulp van haar vriendinne het Zané die dames van SkinPhD Moreleta laat skaterlag en stap sy weg met die wenprys. Dankie aan SkinPHD Moreleta vir die oulike inisiatief en baie geluk Zané met jou kreatiwiteit wat jou as wenner laat wegstap.












