Hoërskool Witteberg Voortrekkers blink uit as presidentsverkenners
ADVERTISEMENT
Vier Hoërskool Witteberg leerders van die CR-Swart Voortrekkers Komando het onlangs hul Presidentsverkenner-eksamens met sukses afgelê. Hierdie besondere prestasie het vir hulle ‘n uitnodiging na die eksklusiewe Presidentsverkenner-afrondingskamp besorg. Die kamp vind tydens die Junie-skoolvakansie by Doornkloof plaas. Baie geluk aan (van links) Isabel Botha, Marshall Landman, Hanno Kotze en Henke Minnaar. Die Witteberg Voortrekkers is trots op hul jong leiers se harde werk en toewyding.
![]()










