LS Rooihuiskraal leerders ontvang Gauteng Noord Kleure vir akrobaat
ADVERTISEMENT
6 leerders van Laerskool Rooihuiskraal het die afgelope tyd Gauteng Noord kleure vir akrobaat gimnastiek en -sport ontvang. Harde werk en toewyding is ingespan vir hierdie prestasies.
Baie geluk aan Juane du Plessis, Kayla Janse van Rensburg, Joh-Ne Janse van Rensburg, Kayleigh Ferreira, Marione Erasmus en Mila Muller!










