Hoërskool Framesby alumni ontvang Visekanseliers-toekenning
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby alumni Heila Oosthuizen het op 21 Februarie 2024 die Visekanseliers-toekenning van professor Wim de Villiers van die Universiteit Stellenbosch ontvang. Die jaarlikse toekenning word aan die top eerstejaarstudente wat aan die Universiteit Stellenbosch studeer, toegeken. Die toekenning is gebaseer op Graad 12 akademiese prestasie en word aan die top 10 akademiese leerders van staatskole en top 5 leerders van privaatskole toegeken.
![]()










