Hoërskool Ermelo redenaars spog met puik Oppie-Tong-Af uitslae
ADVERTISEMENT
In Augustus het agt Hoërskool Ermelo-redenaars weer keel skoongemaak en aan die provinsiale uitdunne van die jaarlikse Oppie-Tong-Af Redenaarskompetisie deelgeneem. Die provinsiale uitdunne vind lewendig aanlyn plaas. Die leerders wat kwalifiseer om aan die nasionale finaal deel te neem, sal eersdaags aangewys word. Die Errie-redenaars het as volg presteer:
- Juniors: Afrikaanse oorredende toespraak: Janeske Janse van Rensburg (gr. 8) 88,5%, An-Euné van Niekerk (gr. 9) 88,3%, Luché Greyling (gr. 9) 87,3%, Zelmari van der Walt (gr. 8) 86,3% en Madri van Niekerk (gr. 9) 86%.Madri van Niekerk lewer ook ‘n Engelse oorredende toespraak waarvoor sy 88% behaal.
- Twee seniors neem aan die oorredende toespraak-afdeling deel en presteer as volg: Zanéke Ludick (gr. 12) 91% en Chrizanne Joubert (gr. 11) 90%. Mariska van Biljon (gr. 11) lewer ‘n vermaaklikheidstoespraak waarvoor sy 86% behaal.
Baie geluk aan ons Errie-redenaars met hul praguitslae.
![]()










