Hoërskool Ermelo leerders deel van SA Hengeltoernooi
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo leerders deel van SA Hengeltoernooi. Twee Erries, DW du Plessis en Juandré Kruger, het vanaf 10 tot 15 Desember 2022 die Noord-Oos Mpumalanga se o.19B-span by die Suid-Afrikaanse Nasionale Hengel-Kampioenskap te Bloemhofdam verteenwoordig. Dié span eindig derde in die toernooi. Hul katrol ‘n totaal van 204 visse in met ‘n gekombineerde gewig van 226.24kg. Spesiale vermelding is gemaak aan Juandré Kruger wat spog met ‘n kurper van 940g.
Mnr. Henk Potgieter, spanorganiseerder, was baie beïndruk met die Erries se gedrag. Hoërskool Ermelo is baie trots op ons Errie-hengelaars vir die wyse waarop hul hulself as Erries handhaaf en die skool trots maak met uitsonderlike prestasies langs die viswaters. Baie geluk aan hierdie Erries!
Regs staan DW du Plessis en Juandré Kruger aan die linkerkant










