Laerskool Aliwal Noord rugbyspan speel voor die Cheetahs en Pumas
ADVERTISEMENT
o.13 A Rugby:
Daar is sekere dinge wat niemand ooit by jou kan sal kan wegneem nie, soos vir ‘n o.13 rugbyspeler om ‘n voorwedstryd vir die Cheetahs en Pumas se Currie-beker halfeindstryd te kan speel.
Hierdie voorreg het die o.13A rugbyspan te beurt geval op Saterdag, 18 Junie 2022. Min laerskool seuns sal ooit die geleentheid kry om op Toyota Stadion, in Bloemfontein te speel.
Ons teenstanders was Wilgerivier o.13A van Frankfort en word afgerig deur ‘n oud-Alie, Mnr. Nakkie Naudé.
Voor die wedstryd speek die Cheetah-rugbyspeler, Robert Ebersohn die seuns toe en bemoedig hulle vir hul wedstryd wat voorlê.
Van die afskop af was die senuwees en opgewondenheid terselfdetyd merkbaar in die spelers. Die wedstryd vind in goeie gees plaas en albei spanne lewer goeie spel op die dag. Ongelukkig verloor LSAN die wedstryd 44-5.
Dit was werklik ‘n ervaring soos min!
Saterdag 18 Junie het Mnr. Bruce Samson, Bestuurslid van die Cheetahs in Bloemfontein, die Laerskool skoolhoof, Mev. Ronél Bester en die o.13 Rugby Afrigter, Mnr. Ignus van Rensburg geborg om by die Presidensiële Losie die hoofwedstryd van die Cheetahs teen Airlink Pumas te kyk. Dit was die semi-finaal van die Carling Currie Cup. Dit was ‘n baie spesiale geleentheid, net jammer die Cheetahs het met 1 punt verloor!
![]()
![]()










