Worcester-Noord Primêre Skool hou sportdag teen Laerskool Hermanus
ADVERTISEMENT
Baie dankie aan Laerskool Hermanus vir jul gasvryheid en vriendelikheid. Dit was heerlik om by julle te kon kuier. Ons sien daarna uit om julle volgende jaar by ons te verwelkom. Baie dankie ook aan elke ouer, personeellid en toeskouer wat die Noordjies met baie entoesiasme ondersteun het.
Ons netbalafrigters het ook na afloop van die netbalwedstryde ‘n vriendskaplike wedstryd teen Laerskool Hermanus se afrigters gespeel. Dit was groot pret en beslis lekker om ons talentvolle Noordjie-personeel in aksie te sien.
it was ‘n heerlike wintersdag en ons is baie trots op elke speler wat deelgeneem en hul beste gegee het.
Die uitslae is as volg:
Netbal:
27 wedstryde gespeel:
5 wedstryde gewen
18 wedstryde verloor
4 wedstryde gelykop gespeel
o. 13A speel gelykop 16-16
Hokkie:
24 wedstryde gespeel
10 wedstryde gewen
8 wedstryde verloor
6 wedstryde gelykop gespeel
o. 13A meisies speel gelykop 0-0
o. 13A seuns verloor 1-0
Rugby:
13 wedstryde gespeel:
2 wedstryde gewen
10 wedstryde verloor
1 wedstryd gelykop gespeel
o. 13A wen 24-20






















