Witteberg verwelkom nuwe onderwyser
ADVERTISEMENT
Witteberg is trots om te kan aankondig dat Mej. Alicia Puren, vanaf Kingsway Hoërskool, eersdaags as onderwyser by ons aansluit. Sy beskik oor ‘n B.Ed Onderwysgraad in die senior en FET fase. Sy is nie net ‘n passievolle onderwyser wat onderrig bied in Wiskunde, Lewenswetenskappe en Natuurwetenskappe nie, maar is ook ‘n kranige Netbalspeler en afrigter.
Sy speel tans self in die Nasionale Telkom Netbalreeks vir die KZN Kingdom Stars. Sy was ook lid van die SA onder 19 span en kaptein van die SA onder 21 netbalspan. Sy is tans ‘n gekwalifiseerde SASN Vlak 2 afrigter en skeidsregter.
Sy sluit vanaf 1 Aug by Witteberg aan. Ons sien met opgewondenheid uit na haar bydrae wat sy tot ons leerders gaan lewer in die klas en op die Netbalbaan. Ons is seker dat sy diep spore gaan trap in die Witteberglandskap.
![]()
![]()










