Uitstekende tennis prestasie deur Laerskool George-Suid tennisspeler
ADVERTISEMENT
Laerskool George-Suid is ongelooflik trots op Eben de Bruin! Hy eindig 21ste in enkelspel by die Vrystaat Super 8 en stap weg met goud in dubbelspel! By die SA o.12 Junior Nasionale Kampioenskappe in Bloemfontein eindig hy 42ste in Suid-Afrika. Hy en sy dubbelsmaat het tot in die semi-finaal deurgedring, maar verloor ongelukkig na ’n titaniese marathon-stryd.











