SA’s wink vir HS Ermelo se fast five-netbalspan
ADVERTISEMENT
Op 24 September het twee van die Erries se Fast 5-netbalspanne aan die Mpumalanga-uistpele deelgeneem.
Die o.17 Flames verloor met 20-24 teen Nelspruit en 5-24 teen Hoërskool Middelburg.
Die o.15 Crinums wen met ’n uitstekende telling van 30-6 en speel gelykop teen Hoërskool Middelburg, 21 elk. Hulle eindig eerste in hulle poel.
In die kwartfinaal wen die Erries teen Middelburg Griffons met 28-9 en verloor in die semifinaal teen HTS Middelburg met 20-30.
In die finaal oorwin hulle Secunda met 19-13. EHS eindig derde in Mpumalanga.
Die o.15 Crinums kwalifiseer met dié plek vir die Suid-Afrikaanse kampioenskap wat plaasvind op 3 en 4 Oktober te EG Jansen.
Baie geluk aan die dogters en baie sterkte met die toernooi. Julle maak die Erries trots.
Die o.15 Crinums spog met ‘n derde plek in Mpumalanga.










