Hoërskool DF Malan karateka presteer
ADVERTISEMENT
JD Nel het op 7 Mei aan die WP-karatekampioenskappe deelgeneem. Alhoewel JD in die onder 17-kategorie moes deelneem, was daar geen teenstanders in sy gewigsklas nie en hy het dus in die ope-afdeling deelgeneem. JD het die eerste plek behaal in die MANS-ope vertoonafdeling! Dit is ‘n ongelooflike prestasie vir ‘n 16-jarige. Baie geluk, JD! Hoërskool DF Malan is trots op jou.












