HS Merensky Rugby PPL weereens groot sukses
ADVERTISEMENT
Plasiepark het op 15 September gewemel van ondersteuners tydens vanjaar se Plasie Premier Liga finale rugbywedstryde.
In die semi-finaal het die Bosvarke en Visarende van die afskop reeds gesorg vir aanskoulike rugby. Spanning het hoog geloop toe Byron Hendricks in die finale fase met ‘n strafskop geslaag het, wat die Bosvarke naelskraap met 13-12 laat seëvier het.
Die finaal tussen die Mambas en Jakkalse het nie teleurgestel nie. Na ‘n rustydtelling van 17-5 in die Mambas se guns, het dit gelyk of hulle gif te sterk was vir die Jakkalse. Laasgenoemde het nie op hul louere gerus nie en was die jakkalsroep in die tweede helfte ver en wyd gehoor. Die eindtelling van 24-22 in die Mambas se guns, het die wedstryd goed gereflekteer.
Tian Viljoen-Krügel, kaptein van die Mamabas, is as speler van die toernooi aangewys.
‘n Dertigtal spelers is na afloop van die PPL gekies om op 13 Oktober teen PHS en 19 Oktober teen HTS Tom Naudé te speel. Die groep gaan daarna verklein word na vyf en twintig wat Plasieland se eerstespan sal wees wat in 2023 na Hoër Landbouskool Oakdale sal toer.
BOSVARKE
VOOR: Klokke Mohlala (K), Mnr. Magnus Steyn Jnr (bestuurder), Mnr. Ian van Heerden (afrigter), Mnr. Steve Kruger (afrigter), Mnr. Mark Louwies (afrigter), Tirelo Mashapa (O/K).
MIDDEL: Hlulani Baloyi, Pierre le Roux, Adriaan Kriel, Kyle van Tonder, Stefan Erasmus, Zen Mashile, Joshua Retief, Nsovo Shikwambana, Thebogo Rabothata, Dian de Lange, Dian Schnettler.
AGTER: Joshua Jacobs, Byron Hendricks, Danie du Toit, Druan Venter, Hano Potgieter, Ruben van Tonder, Thabang Letsoalo, Christo Ras, Jean de Villiers, Ruben Niemand, Letago Sekokotla.
JAKKALSE
VOOR: Divan Pieterse (O/K), Mnr. Stebian van der Walt (afrigter), Mnr. Francois Bothma (afrigter), Mnr. Tian Knoetze (afrigter), Mnr. Adriaan Joubert (bestuurder), Dirk de Nysschen (K).
MIDDEL: Snyman Smit, Ulrich Maré, Hardus Terblanche, Willem Smit, Daniel Sekgotla, Marno du Toit, Faure Smit, Zander Heydenrych, Ruan Huysamen, Xander Koster.
AGTER: Stefan le Roux, Waldo Pretorius, Heinrich Lubbe, Schalk Smith, Nic de Beer, Keanu Parsons, Jeffrey Mokgwadi, Liam Jacobs, Ulrich Faber, Jaun Coetzee.
MAMBAS
VOOR: Clifford Ledwaba (O/K), Mnr. Muller Boshoff (afrigter), Mnr. Gerald Marks (afrigter), Tian Viljoen-Krügel (K).
MIDDEL: Jan Potgieter, Molatelo Thoka, Caleb Mokgalaotse, Tshepo Masete, Leruo Molemane, JJ Goosen, Ethan Maritz, Ratiba Mohale, Werner Kruger, Franco Badenhorst, Diketso Mabulana.
AGTER: Hendré Theron, Waldo de Kock, Fourie Steyn, Bernhardt van der Schyff, Joseph Magagula, Boyi Nyakale, Siraaj Omar, Thekgo Mangena, Jadon Engelbrecht, Bandile Nkuna, Armand Botes, Hardus Louw, NJ Bredenkamp.
RUGBY PPL Finals
Speler van die toernooi: Tian Viljoen-Krügel
RUGBY PPL Finals
Kapteine van die Mambas (wenspan): Mnr. Magnus Steyn (Skoolhoof), Clifford Ledwaba (Onderkaptein), Tian Viljoen-Krügel (Kaptein).
RUGBY PPL Finals
Afrigters van die Mambas (wenspan): Mnre. Muller Boshoff en Gerald Marks.
Visarende:
VOOR: Rico Pieterse (O/K), Mnr. Jan Potgieter (bestuurder), Mnr. Arno Last (afrigter), Mnr. Vicky Esterhuizen (afrigter), Wian van der Schyff (K).
MIDDEL: Leshen Blessie, Christo van Niekerk, Deon Eckhard, Jacques Crafford, Luan Verster, Daniël Coetzee, Righard Dyer, Luan Pohl, Andreas Honiball, Nickie Venter, Nyaki Sekgobela, Wynand Kruger, Hlogi Ngwenyama.
AGTER: Armand Venter, Dewald Vosloo, Phetogo Shubane, Louis van Schalkwyk, Ashten Demos, Miyelani Nkuna, Motsiri Sekgota, Machiel van Tonder, Jan Venter, Ben de Wet, Ruan Grobler.










