Primêre Skool Worcester vaar uitstekend in sport en kultuur
ADVERTISEMENT
Koor: Primêre Skool Worcester se Juniorkoor is weereens tops in die Wes-Kaap. Ons het aan die jaarlikse ATKV Applous deelgeneem en het goud behaal. Ons is ook as die beste Juniorkoor aangewys.
Redenaars:Zanri le Roux (gr.5) het ‘n tweede plek in die Wes-Kaap semi-finale uitdunrondte van die ATKV Redenaars 2023 gekry. Sy dring deur na die nasionale finale rondte wat Augustus by ATKV-Goudini Spa aangebied word.
Luan Botha (gr.3) is die wenner van die graad 3-sprekers in die streeksfinaal van die Radikale Redenaars 2023. Hy dring deur na die nasionale finale rondte wat in Gauteng plaasvind
Rugby: Vier van ons o. 13A-rugbyspelers is verkies tot die Akademie- en Boland-rugbyspan.

L.n.r.: Kurtley Alkaster (Boland), Kyle Juries (Akademie), Ockert Vermeulen (Boland) en Samian Olivier (Boland)
Hokkie: Sewe van ons hokkiespelers is opgeneem in verskeie Bolandspanne.

Agter l.n.r.: Chelsea Cochrane (IPT Boland A-span), Allison Thompson (IPT Boland A-span “non traveling reserve” en Barlinka), Isabella du Toit (Shiraz) en Anja de Waal (Shiraz “non traveling reserve”) Voor l.n.r.: Bree Pretorius (Shiraz), Eduard Kriel (Shiraz “non traveling reserve”) en Disha Patel (IPT Boland A-span)













