Pomario Privaatskool geniet ‘n 5km familie-vriendelike staproete
ADVERTISEMENT
Ons was 40+ kinders, ouers en vriende van Pomario Privaatskool wat lief is vir die buitelewe en graag tyd neem om ons pragtige omgewing te geniet en familiebande te versterk.
LOST (Love Outdoors Share Trails) het weer 12 Februarie na Traveler’s Rest net buite Clanwilliam gegaan waar daar ‘n 5km familie-vriendelike staproete is met 9 ongelooflike plekke waar rotstekeninge deur die San gesien kan word.
In Graad 5 leer ons oor die geskiedenis van die San, hulle gebruike en veral hul nalatenskap in hul rotstekeninge. Deur hierdie stappie kon die kinders dit eerstehands beleef. Die stappers het ook in die lieflike koel rivierpoele geswem en ‘n lekker happie is geniet by Traveler’s Rest se restaurant.
Ons beveel dit sterk aan!












