[Onderhoud]Francois du Toit: o.19A rugbykaptein van Hoër Landbouskool Oakdale
ADVERTISEMENT
AWSUM het met Francois du Toit, Hoër Landbouskool Oakdale se o.19A rugbykaptein gesels oor Interskole teen Hoër Landbouskool Boland.
Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver en wat is die hoogtepunt van jou span se seisoen sover?
Die hoogtepunt van my rugbyloopbaan is ons oorwinning teen Hoërskool Outeniqua vroeër vanjaar. Die span se hoogtepunt sal beslis ook daardie dag se oorwinning wees, sowel as die wedstryd teen Grey Kollege waar ons ses elk geëindig het.
Hoe motiveer jy jou span?
Alhoewel die span nie baie motivering nodig het nie, sal ek hulle in swaar tye aan die eer wat dit is om die Wit – trui te dra herinner en dat daar 450 seuns is wat bankvas agter ons staan.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?
Ons onderkaptein is Kobus Janse van Rensburg. Kobus staan my by deur meeste van die praatwerk agter te doen en lewer waardevolle insette wanneer ‘n moeilike besluit geneem moet word.
Hoe is die samestelling van die span teen Boland Landbou? Enige beserings?
Beserings….
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
Ons wil graag teen Boland Landbou wen.
Wat is jou planne vir die toekoms?
Ek gaan volgende jaar Landbou Ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.
Klik hier vir die o.19A rugbyspan van Hoër Landbouskool Oakdale.
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.










