Boland Landbou VS Oakdale Landbou: Hoër Landbouskool Oakdale o.19A rugbyspan
ADVERTISEMENT
Kom ondersteun die eerstespan Saterdag 27 Augustus om 12:15 op die Rugby A Veld Paardeberg:
AWSUM het met hul afrigter, Malan du Plessis, gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar teen Boland Landbou te wagte wees van julle span?
Dit is ‘n span met karakter wat die waardes en etos van die skool op die veld uitleef. Met die broederskap en trots vir Oakdale, saam met die 450 seuns, sal die span op die dag iets wil terugploeg vir die nalatenskap en die tradisie van 94 jaar.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Met goeie balbesit en momentum sal ons die bal in spasie kry. Enige span se grondslag begin by vaste fasette.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Om net 15 spelers elke week te kies om die eerstespan trui te dra.
Skole rugby word al hoe sterker, waarom sou jy sê is dit so?
Rugby is professioneel en daar gaan baie tyd en geld in op skolevlak.
Hier is die o.19A rugbyspan van Hoër Landbouskool Oakdale:
AJ van Vuuren Agsteman
André Goedhals Slot
Armand Combrinck Flank
Francois du Toit (K) Flank
Hägen Reinstorf Slot
James Jonker Buitesenter
Jurgen van Staden Haker
Keagan Coerecius Heelagter
Kobus Janse van Rensburg Binnesenter
Marcelle Strydom Skrumskakel
Marco Conradie Vaskopstut
Pieter Marais Losskakel
Pieter Pretorius Buitesenter
Reuben Waterson Loskopstut
Therlow Prins Linkervleuel
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.










