[Onderhoud]Jaccus Pretorius: o.19A rugbykaptein van Hoër Landbouskool Boland
ADVERTISEMENT
AWSUM het met Jaccus Pretorius, Hoër Landbouskool Boland se o.19A rugbykaptein gesels oor Interskole teen Hoër Landbouskool Oakdale.
Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver en wat is die hoogtepunt van jou span se seisoen sover?
My hoogtepunt van my rugbyloopbaan was definitief om gekies te wees as Boland Landbou se eersterugbyspankaptein; dit is ‘n groot voorreg. Die hoogtepunt van my seisoen was om teen Paarl Gim ‘n baie goeie wedstryd te speel en om teen Bishops te kon wen.
Hoe motiveer jy jou span?
Ek motiveer my span deur hulle gemoed te lig wanneer dinge sleg gaan en om voor te vat op die veld wanneer ons speel deur ‘n voorbeeld te stel en hulle so daardeur te motiveer.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?
Jandré Genis is ons onderkaptein en hy speel in die agterlyn. Ons het ‘n baie goeie verstandhouding en kommunikeer goed tussen die agterlyn en die voorspelers. Ons werk goed saam en dis vir my ‘n groot voorreg om saam met hom te kan speel.
Hoe is die samestelling van die span vir Interskole? Enige beserings?
Ons span het al baie verander deur die jaar. Ons was ook baie ongegelukkig gewees met beserings, maar ek het die volste vertroue in ons span en ek weet dit is die beste een wat ons op die veld gaan sit. Ons is net baie ongelukkig oor ons ons voormalige onderkaptein, Freddie Dreyer, verloor het vir die laaste twee wedstryde.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
Ons het as ‘n span ‘n moeilike jaar gehad en het gesukkel om aan die gang te kom, maar ek sal baie trots op die span wees as ons Interskole hier op ons eie plaas kan wen – vir die derde keer in ‘n ry!
Wat is jou planne vir die toekoms?
Ek gaan Elektriese Ingeneurswese by Stellenbosch gaan studeer en sal daarna werk tot ek weer in Namibië op ons plaas kan gaan boer.
Klik hier vir die o.19A rugbyspan van Hoër Landbouskool Boland.
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.










