[Onderhoud] Hoërskool Duineveld Eerstespan Seunshokkiekaptein – André du Rand
ADVERTISEMENT
Lees die spesiale uitgawe vir die Classic Clash tussen Hoërskool Upington en Hoërskool Duineveld hier. Dis propvol spanfoto’s, onderhoude en al die aksie.
AWSUM het die geleentheid gehad om met André du Rand, Eerstespan Seunshokkiekaptein van Hoërskool Duineveld te praat oor hul voorbereiding, sterkpunte en vooruitsigte vir die seisoen..
Watter spesifieke sterkpunte glo jy dat hierdie jaar se span het wat julle van die opposisie sal onderskei? Ons speel goeie gestruktureerde hokkie en speel saam as ’n span. Ons volharding en sterk veggees is definitief een van ons sterkpunte.
Hoe voel dit om jou skool se eerstespan te lei en waarop sal jy as leier fokus? Dit is ’n reuse voorreg en ’n eer om hierdie span te lei.
Watter tradisies of waardes maak jou skool se hokkiekultuur uniek? Die is hokkiekultuur in ons skool het beslis gegroei oor die afgelope twee jaar. Ons sukses van die afgelope jaar het definitief spelers, asook toeskouers gelok wat belangrik is vir die groei van die hokkiekultuur in Hoërskool Duineveld.
Watter doelwitte het julle as span vir die seisoen gestel? In 2025 het ons reeds baie bereik, maar ons grootste toets om ons doelwit te bereik lê nog voor ons. Ons wil die Groot Interjol wedstryd van 2025 wen.
Watter opkomende wedstryde of toernooi sien julle die meeste na uit? Ver seker die Sentraal-toernooi. Ons het dié toernooi in 2025 gewen, nadat ons laaste geëindig het in 2024. Dit maak dié wen vir ons as span baie spesiaal.
Is daar ‘n professionele sportfiguur na wie jy opkyk, en hoekom? Daar is nie ’n spesifieke speler nie, maar ek kyk beslis op na die BLUES-spanne van die vorige jare wat vir ons span die fondasie gelê het. Ons coach, Meneer Pieter Jooste, is beslis vir my ’n rolmodel, omdat hy altyd kalm bly en dit help om die span in rowwe wedstryd te kalmeer.

André du Rand (K)
Ons het ook met die afrigter van dié span, (Pieter Jooste) gesels:
Wat kan die skool en ouers hierdie interskole van julle span verwag? Die ouers en die skool kan ’n goeie wedstryd te wagte wees. Tot dusver was die wedstryduitslae tussen ons en Uppies vanjaar baie naby aan mekaar. Ons speel altyd voluit totdat die eindfluitjie geblaas het, en die ouers en ondersteuners sal dit weer duidelik kan sien en ervaar.
Hoe berei julle span in die week tot aanloop van Interskole voor? Ons oefen volgens ons gewone skedule en speel teen die klubspan om goeie wedstryd-ervaring te kry. Verder wend ek die tapering proses in my oefenprogram aan voor ’n groot wedstryd of toernooi. Op die geestelike vlak bly Groot Interjol ’n uitdaging vir ons omdat Uppies in die laaste paar jaar die oorhand oor ons gehad het, maar ons probeer om net te fokus op wat ons moet doen, en skakel al die geraas rondom die Interjol week sover as moontlik uit.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons het ’n jonger, meer onervare span as laas jaar en ’n Interjol-wedstryd op eerstespan-vlak gaan ’n nuwe ervaring vir die meerderheid van die spelers wees. Ons krag lê eerder daarin dat die span weer top-fiks vanjaar is, omdat ons voorbereidingsprosesse deeglik was.
Wie het die grootste invloed op jou as afrigter in jou lewe al gehad? Ek gaan herhaal wat ek in die vorige jare gesê het, dat ek nie ’n persoonlike afrigter het waarna ek kan verwys nie, maar my afrigting is baie geformuleer in lyn met die voormalige internasionale krieketafrigter, Paddy Upton se benadering tot sportafrigting.
Watter boodskap dra jy aan jou span oor net voor hulle op die baan/veld hardloop? Die samevatting van my filosofie oor sport is, “wen maak nie saak nie, maar die wil om te wen doen!” Ek sê gewoonlik vir die seuns om op die baan te gaan en die wedstryd te geniet, om alles te gee wat hulle het en om hulle tenks leeg te maak. As hulle na die wedstryd afstap en niks meer oorhet om te gee nie is ek tevrede ongeag die telbord, want wat meer kan ek as afrigter dan nog vra?







