AWSUM School News

Top Menu

  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

Main Menu

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About Us
  • Advertise with us
  • Printing for your school
  • Past exam papers – All Grades

logo

ADVERTISEMENT

Regional News

  • Home
  • Regional News
    • Western Cape
      • Northern Suburbs
      • Helderberg
      • Boland
      • Breede Valley
      • Southern Cape
      • Southern Suburbs
      • City Bowl Atlantic Seaboard
      • Table Bay and Melkbos
      • Swartland and West Coast
      • Overberg
    • Gauteng Johannesburg
      • Randburg Linden Northcliff
      • East Rand
      • JHB East
      • JHB South
      • JHB Central
      • Krugersdorp Roodepoort
      • Bryanston Sandton Rosebank
    • Gauteng Pretoria
      • Centurion
      • PTA East
      • PTA North
      • PTA Central PTA South
    • Vaal Driehoek
    • Bloemfontein
    • North West
      • Potch Klerksdorp and surrounds
      • Rustenburg Brits and surrounds
    • Eastern Cape
      • Port Elizabeth & Surrounds
      • East London & Surrounds
      • Eastern Cape Towns
    • Northern Cape
    • Kwazulu-Natal
      • Durban and Durban North
      • Westville Pinetown Hillcrest Kloof
      • Midlands
      • Northern Natal
      • South Coast
    • Limpopo
    • Mpumalanga
      • Lowveld
      • Highveld
    • Free State
      • Bloemfontein
      • Northern and Eastern Free State
  • About Us
  • Laerskool Magalieskruin leerder presteer puik by die 2026 Gauteng Supreme Kampioenskap

  • Kearsney College water polo boys shine at the Youth Water Polo Champs

  • Norman Henshilwood High School learner earns SA Colours and Goes Global

  • Fencing results from Northwood School

  • Hoërskool Overkruin dramaleerders presteer uitstekend


Hoërskool DuineveldHoërskool UpingtonNorthern CapeRegional News
Home›Regional News›Northern Cape›Hoërskool Duineveld›[Onderhoud] Groot Interjol 2025: Die o.19A-netbalafrigters gesels

[Onderhoud] Groot Interjol 2025: Die o.19A-netbalafrigters gesels

By Karien Frans
1st August 2025
399
0

ADVERTISEMENT


Share:

Awsum het gesels met die o.19A netbal-afrigters van Hoërskool Duineveld afrigter Madré Steyn, en Hoërskool Upington Christine Esterhuizen afrigter.

Madré Steyn, o.19A Netbal (Chillies) 1ste Netbalspan- afrigter van Hoërskool Duineveld gesels.

Wat kan die skool en ouers hierdie Interskole van julle span verwag? Interjol gaan hierdie jaar by die netbal ‘n baie kompeterende wedstryd wees. Albei spanne is goed voorbereid. Ek voorspel ‘n naelbyt, spanningsvolle wedstryd van goeie netbal.  

 Hoe berei julle span in die week tot aanloop van Interskole voor? (physically and mentally) In die laaste week voor Interjol verfyn ons ons wedstrydplan en maak seker dat elke speelster presies weet wat haar taak is en hoe sy dit moet uitvoer. Fisies is ons fiks, gespaar van enige beserings en reg vir ‘n baie harde wedstryd. Emosioneel herinner ons mekaar wat ons doelwit is, waar ons krag vandaan kom en ondersteun ons mekaar 100%.  

 Wie het die grootste invloed op jou as afrigter in jou lewe al gehad? Is daar iemand na wie jy opkyk? Netbal is al so lank deel van my lewe, ek kan myself nie indink daar sonder nie. Die grootste bydrae is seker my netbalafrigter in die laerskool wat die saadjie geplant het. Dan is daar ook netballegendes soos tannie Willa Louw, Alida Terblanche en Tokkie Oosthuizen wat die liefde van netbal en afrigting by my gekweek het.  

 Watter boodskap dra jy aan jou span oor net voor hulle op die baan/veld hardloop?  Dat jy ALTYD alles moet gee, maak nie saak wat die telbord sê nie!  

Christine Esterhuizen – 1ste Netbalspan- afrigter van Hoërskool Upington gesels.

Wat kan die skool en ouers hierdie Interskole van julle span verwag?
Die skool en ouers kan ’n sterk, goed voorbereide netbalspan verwag wat met spanwerk, deursettingsvermoë en trots sal speel. Ons mik daarna om elke wedstryd met toewyding aan te pak en ons skool se naam hoog te hou tydens hierdie Interskole.

Hoe berei julle span in die week tot aanloop van Interskole voor? (Fisiek en geestelik)
Ons span berei geestelik voor deur motiverende gesprekke, en ons fokus op positiwiteit en selfvertroue. Fisiek oefen ons daagliks met intensiewe fiksheids- en vaardigheidssessies om seker te maak dat ons fiks, skerp en wedstrydgereed is.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Ons span se krag lê hierdie jaar in ons eenheid, spanwerk, goeie kommunikasie, vertroue in mekaar en ons geloof in ons Hemelse Vader wat ons lei en versterk.

Wie het die grootste invloed op jou as afrigter gehad? Is daar iemand na wie jy opkyk?
Verskeie ander afrigters het al ’n groot invloed op my gehad — deur hul wysheid, benadering tot spelontwikkeling en hul passie vir spelers se groei. Dit het my geïnspireer om voortdurend te leer en my eie afrigtingsstyl te vorm.

Watter boodskap dra jy aan jou span oor net voor hulle die baan betree?
Vandag stap ons op die baan met meer as net ’n wedstryd voor ons – ons dra herinneringe, opofferinge en harte wat klop vir mekaar. Hierdie Interskole is besonders: vir vyf matrieks is dit hul laaste keer in die oranje rok, en ons dra ook die pyn van afskeid van ’n geliefde afrigter wat diep spore in ons almal se lewens gelaat het. Speel vir mekaar. Speel vir daardie stem wat julle van die kantlyn af aangemoedig het. Speel vir die trane, die lag, die harde werk – en vir die trots wat nie net in julle harte lê nie, maar ook in die hemel glimlag. Mag julle elke tree op die baan met moed en liefde neem. Vertrou op mekaar, wees trots op hoe ver julle gekom het, en onthou: God is saam met ons – nou, altyd, en selfs in trane. Ek glo in julle. Ek is trots op julle. Gee alles. Geniet dit.

 

TagsGroot Interjol 2025
Previous Article

Kimberley Boys’ High School Academic Top 10

Next Article

[Onderhoud] Groot Interjol 2025: Afrigter van Hoërskool ...

Share:

Related articles More from author

  • Hoërskool DuineveldNorthern CapeRegional News

    [Onderhoud] Hoërskool Duineveld Eerstespan Seunshokkiekaptein – André du Rand

    7th August 2025
    By Karien Frans
  • Hoërskool DuineveldNorthern CapeRegional News

    [Onderhoud] Groot Interjol 2025: Afrigter van Hoërskool Duineveld se eerstespan hokkieseuns

    1st August 2025
    By Karien Frans
  • Hoërskool DuineveldNorthern CapeRegional News

    Groot Interjol 2025: Hoërskool Duineveld se ander sportspanne

    1st August 2025
    By Karien Frans
  • Hoërskool DuineveldNorthern CapeRegional News

    [Onderhoud] Hoërskool Duineveld Eerstespan Dogtershokkiekaptein – Tané Mostert

    7th August 2025
    By Karien Frans
  • Hoërskool DuineveldNorthern CapeRegional News

    [Onderhoud] Hoërskool Duineveld Eerstespan netbalkaptein – Abriëlle de Witt

    7th August 2025
    By Karien Frans
  • Hoërskool UpingtonNorthern CapeRegional News

    [Onderhoud] Hoërskool Upington Eerstespan Rugbykaptein – Walter Warkus

    7th August 2025
    By Karien Frans

  • Gauteng JohannesburgJHB SouthLaerskool ElsparkRegional News

    Laerskool Elspark prestasies vir die eerste kwartaal

  • Gauteng PretoriaHoërskool Oos-MootPTA NorthRegional News

    Hoërskool Oos-Moot hokkiespelers vaar uitmuntend by die Hokkietoer

  • HighveldHoërskool StandertonMpumalangaRegional News

    Matriekuitslae vreugde vir Hoërskool Standerton

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

ADVERTISEMENT

Some people call it school news. We call it awsum.

Africa’s premier school network offers a multi-tiered communication platform to schools that include: The AWSUM Newspaper, AWSUM App for Schools, the 24/7 school news website and AWSUM Clashes.

 

 

Our ‘awsumness’ includes: New technology and media, an income opportunity that will be your biggest source of income outside of school fees and a new perspective on school news on one of Africa’s fastest growing school news platforms

© 2025 Awsum News.



CreativeMagic

Join Us on Facebook

  • Pretoria
  • Centurion & Midrand
  • Johannesburg
  • Vaaldriehoek
  • Durban
  • Midlands
  • Northern Natal
  • Free State
  • Cape Town
  • Boland
  • Breede Valley
  • Helderberg
  • Overberg
  • Swartland & Weskus
  • Northern Suburbs
  • Southern Cape
  • Noord-Kaap
  • North West
  • Limpopo
  • Mpumalanga
  • East London
  • Port Elizabeth
  • Eastern Cape – Towns
  • Home
  • Advertise with us