[Onderhoud] Diamantveld- Eerste seunshokkie kaptein – Lourens Scheffer
ADVERTISEMENT
AWSUM het die geleentheid gehad om met Lourens Scheffer, seunshokkiekaptein van Hoërskool Diamantveld te praat oor hul voorbereiding, sterkpunte en vooruisigte vir die seisoen..
Op watter aspekte van fiksheid en strategie het die span tydens voorseisoefening gefokus?
Ons het as voorbereiding vir die seisoen baie aandag aan fiksheid gegee, veral spoedoefeninge. Ons het ook in die gimnasium gewerk aan krag en balans.
Wat is julle span se sterkpunte hierdie jaar?
Ons span is baie goed voorberei, en al die spelers in die span het ’n sterk konneksie met mekaar, wat beslis tot ons voordeel strek.
Wat beteken dit vir jou om die skool se eerste hokkiespan te lei?
Dit is vir my ’n baie groot eer om Hoërskool Diamantveld se eerstespan te lei. Om enigsins ons skool te kan verteenwoordig, is ’n ongelooflike voorreg.
Het jul skool ’n groot hokkiekultuur en hoe belangrik is sukses vir julle span om dit te volhou?
Oor die algemeen staan Hoërskool Diamantveld hoofsaaklik bekend as ’n rugbyskool, maar daar bestaan beslis ook ’n sterk hokkiekultuur. Sukses is baie belangrik vir ons span, en elke speler streef daarna om altyd die beste resultate moontlik te behaal.
Wat wil julle as ’n span in 2025 bereik?
Ons grootste doelwit vir 2025 is om die Noord-Kaap-liga te wen.
Watter wedstryd en/of toernooi is vir julle die spesiaalste, en hoekom?
Classic Clashes is vir ons die belangrikste wedstryd van die jaar. Ons en Noord-Kaap is nog altyd besonder kompeterend teenoor mekaar, veral op die hokkieveld.
Is daar ’n hokkiespeler of sportfiguur na wie jy opkyk, en hoe het hulle loopbaan jou benadering tot die spel beïnvloed?
’n Sportfiguur na wie ek baie opkyk, is Roger Federer. Hy herinner my altyd daaraan om nederig en respekvol te bly.
AWSUM het gesels met die Hoërskool Diamantveld eerstepan hokkie-afrigter Brannon-Lee Gertze. Lees wat die toeskouers Saterdag kan verwag:
Wat kan die skool en ouers hierdie Interskole van julle span verwag? They can expect a team that’s hungry for victory, a team that plays for the badge on their chest. A team that wants to make their parents and the school proud.
Hoe berei julle span in die week tot aanloop van Interskole voor? (fisies en mentaal). We train hard. The boys put in the work and make sure that they give 110% at all times. We will also have a few board sessions to make sure everyone knows the game plan and what we expect from each individual and the team.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Physical we are ready because we train a lot and we will make sure to train extra hard in the upcoming week before our Clashes. Mentally, we have a lot of team building and board sessions are done to get them focused and to gel as a unit both on and off the field as a team.
Wie het die grootste invloed op jou as afrigter in jou lewe al gehad? Is daar iemand na wie jy opkyk? The person I’ve looked up to and that I have learnt a lot from is my uncle(Grant Brooker) he has always pushed me to achieve big things and has helped me to become the coach that I am today
Watter boodskap dra jy aan jou span oor net voor hulle op die baan/veld hardloop? My message to them is, Go show them what we are made of! Go have fun and always have each other’s backs!









