Karate prestasie vir die Hoërskool Brandwag
ADVERTISEMENT
Karate-Suid Afrika Nasionale Kompetisie. Baie geluk aan Ilze-Marie Dippenaar wat hierdie naweek die Karate SA Nasionale Kompetisie bygewoon het as deel van die OP Ontwikkelingspan. Sy het uitstekend gevaar en die volgende prestasies behaal:
- Brons medalje in Kata.
- Goud medalje in Kumite.
Verder het Ilze-Marie ook haar OP-klere ontvang as trotse lid van die ontwikkelingspan. Die Hoërskool Brandwag is ongelooflik trots op jou – jy is ’n inspirasie vir jou spanmaats en jou skool! Eenheid in Grys en Groen.










