‘n Kwartaal 2 vol prestasie vir Laerskool De Tyger
ADVERTISEMENT
‘n Kwartaal 2 vol prestasie vir Laerskool De Tyger Rugby: Roewan Zwiegers (Graad 7) het deelgeneem aan rugbyproewe gedurende die 2de kwartaal, en is gekies as lid van die WP o.13 akademiespan. Hulle gaan gedurende die vakansie in Pietermaritzburg deelneem. Baie geluk met hierdie goeie prestasie.
Kultuur: Tygerberg Kinderkoor Ons spog graag met ons 4 De Tyger-lede wat saam met die Tygerberg Kinderkoor na UK getoer het. Hulle is as wêreldkampioene in die Kinderkoor-afdeling aangewys. Hulle het ook ‘n tweede plek behaal in die “Sacred” afdeling. Ons is baie trots op hulle!
Ziané Grebe (Graad 7), Ruzel Versveld (Graad 7), Keren Roman (Graad 6), Emma de Vos (Graad 6)
De Tyger – Ensemble: Ons ensemble het ook gedurende die 2de kwartaal by Herschel Girls’ Senior School aan die Kaapse Afrikaanse Eiseddfod deelgeneem. Hulle het 100% (Distinction) behaal. Die alombekende beoordelaar, Beverley Chait, het gesê dat die lied en die kinders haar hart warm gelaat het. Ons is baie trots op Juf Esmé Hills en haar ensemble.
Klub Groen Laerskool De Tyger se Klub Groen is steeds besig om ‘n verskil te maak! Kwartaal 1 het afgeskop met ‘n Waatlemoenfees. Leerders het weereens bymekaar gekom om ons skoolterrein bietjie skoon te maak.
d












