Ligbron Akademie vir Tegnologie vier Biddag vir Vroue
ADVERTISEMENT
Verlede vrydag het Ligbron Akademie vir Tegnologie se dogters, soos wat hul tradisie is, die Wêreld Biddag vir Vroue gevier. Die geleentheid is gelei deur Madelein Ferns, LCA voorsitter. Verskeie leiers het gebid vir die dogters in die skool, die onderwyseresse van Ligbron en die vrouens in Ermelo. Die gebedsessie is afgesluit deur Madelein, wat vir vrouens regoor die wêreld gebid het. Hierdie geleentheid is elke jaar ‘n hoogtepunt op die dogters se kalender en dra by tot ‘n gevoel van samehorigheid. Om die vryheid en geleentheid te hê om saam as ‘n goep te bid Is ‘n groot voorreg.













