Ligbron Akademie vir Tegnologie rugby oorheers by Impi Visser sportdag
ADVERTISEMENT
LIGBRON RUGBY OORHEERS BY IMPI VISSERDAG. Ligbron se O/15 en O/17 7’s rugbyspanne het Saterdag koning gekraai tydens EHS se jaarlikse Impi Visser sportdag.
Die O/15 span het al 7 hul wedstryde oortuigend gewen om seker te maak hul bring die trofee huis toe. In die semi-finaal het hulle kragte gemeet teen HTS Witbank. Hul wen die wedstryd 48 – 0 om deur te gaan na die finaal. Hulle klop Hoërskool Nelspruit in die finaal met 12 – 10. Hul volledige uitslae lyk soos volg:
Ligbron teen:
- EHS 35 – 24
- Secunda 40 – 7
- Volksrust 45 – 14
- Kanonkop 38 – 0
- Standerton 24 – 7
- HTS Witbank 48 – 0
- Nelspruit 12 – 10
Die O/17A’s het 6 wedstryde gespeel waarvan hulle 5 wen en een gelykop gespeel. Hulle het in die semi-finaal teen Ligbron se O/17B span gespeel. Hulle wen die wedstryd met 38 punte, en gaan deur na die finaal teen Secunda, waar hulle ook met die louere wegstap nadat hulle die wedstryd 19 – 17 in hul guns beklink. Hul volledige uitslae is:
Ligbron teen:
- EHS 19 – 17
- Secunda 17 – 17
- Kanonkop 33 – 10
- Volksrust 40 – 12
- Ligbron B 38 – 0
- Secunda 19 – 17
Die O/17B span het ook hul staal gewys. Hulle wen 4 van hul 5 wedstryde om, net soos verlede jaar, in die semi-finaal teen Ligbron se A span te speel. Hul volledige uitslae is:
Ligbron teen:
- Hendrina 19 – 10
- Embalenhle 36 – 7
- HTS Witbank 38 – 7
- Nelspruit 14 – 43
- Uplands 24 – 17
- Ligbron A 38 – 0
Pierre van Wyngaardt, Ligbron se rugby-organiseerder, sê die seuns het hom ongelooflik trots gemaak. Na ‘n moeilike seisoen het hulle nie gaan lê nie, maar Saterdag met harde rugby gewys hoekom Ligbron ‘n gerekende rugby skool is.
Die O/15 7’s rugbyspan met hul afrigters Nickey Janse van Rensburg en Frans de Klerk.
Die O/17A 7’s rugbyspan met hul afrigters DC Swart, Tiaan Rosslee en Pierre van Wyngaardt.










