Laerskool Worcester-Oos leerder skitter in eerste rondte van CSMX Enduro motorfietsklub
ADVERTISEMENT
Ruben de Kock (graad 6) het op 23 Maart in Riversdal aan die eerste rondte van CSMX Enduro motorfietsklub deelgeneem. Ten spyte van moeilike omstandighede het hy daarin geslaag om ‘n 2de plek te behaal in die 85cc junior klas en het ook die vinnigste rondte tyd opgestel onder al die juniors. Die volgende rondte is op die 27ste April by Bennie-se-Lapa in Robertson.
![]()









