Hoërskool Framesby leerder ry met twee eerste plekke weg in sy motorfiets klubkampioenskappe
ADVERTISEMENT
Dylan Grobler, Gr. 10 het Saterdag, 2 Maart aan die 1ste rondte van die AMCS streek- en klubkampioenskappe by Aldo Scribante Renbaan deelgeneem. Hy het in die Junior CBR 150cc & SSP 300cc motorfiets klasse deelgeneem. Hy het die 2024 seisoen op ń baie hoë noot begin en in al 2 die klasse gewen. Hoërskool Framesby is baie trots op hom en sien baie uit na die res van die seisoen.












