ELDO Kunstefees 2025 prestasie vir Hoërskool Eldoraigne
ADVERTISEMENT
Met meer as 330 inskrywings kan ons met trots sê, dat vanjaar se Eldo Kunstefees weereens ‘n reuse sukses was. Die Eldo Kunstefees bied aan leerlinge die geleentheid om hulle talente in drama, sang, dans, visuele kuns, fotografie en skryfkuns ten toon te stel.
Ons was vanjaar weereens aangenaam verras met die ongelooflike talent van ons eie Hoërskool Eldoraigne leerlinge, sowel as die leerlinge van ons omliggende Laerskole en Hoërskole. Dit is lekker om te sien hoe die kinders in ons gemeenskap hul talente ontdek, ontwikkel en met trots aanbied.
Baie dankie aan elke leering wat vanjaar ingeskryf het. Dit is vir Hoërskool Eldoraigne ‘n voorreg om hierdie geleentheid aan elkeen van julle te bied. Baie geluk aan elke kategorie wenner van die verskeie afdelings. Ons is baie trots op elkeen van julle!














