Laerskool Vredendal karateka verteenwoordig SA in Italië
ADVERTISEMENT
Laerskool Vredendal karateka verteenwoordig SA in Italië. Drie leerders van Laerskool Vredendal het vanaf 8 tot 11 September 2022 aan die 6de WGKF Wêreld Kampioenskappe in Foligno, Italië, gaan deelneem. Hierdie drie leerders is deel van die Vredendal Goju Ryu Karateklub onder leiding van Sensei Mariana van Lille. Erik Basson en Rossouw Wessels het in die kumite afdeling van hul onderskeie ouderdom en gewigs kategorieë deelgeneem.
Linelle van Zyl het in beide die kata en kumite afdelings brons medaljes verower. Sy het die tradisionele kata’s vir haar ouderdoms kategorie uitgevoer en uitstekend gevaar. Die kampioenskap was verseker van wêreld gehalte. Laerskool Vredendal is baie trots op hierdie drie leerders.
Source: Belinda Mort van Zyl


















